Juweel van n huis te koop in Zwawelpoort AH

Ref # 2328956
R4,950,000
Property Details

Moderne Familiehuis in Landelike omgewing te koop in Orange Grove Landgoed, waar daar slegs vier wooneenhede is.

Dit is stapafstand van Tyger Valley College en die CVO skool. Tygerpoortt Laerskool is 5-7 minute se ry afstand, verskeie ander skole in die Silver Lakes omgewing en 5 minute se ry vanaf inkopiesentrums en die Wilgers Hospitaal.

Hierdie plaasstyl woning van 345 m2 op 'n 1 800 m2 erf bied die volgende:

'n Ingangportaal, met 'n aangrensende toe studeerkamer, wat lei na 'n oopplan-leefarea en moderne kombuis met dubbelvolume, oop dakkappe en antieke vuurhertstofie.. Afsonderlike toe waskamer en opwasarea, asook 'n ruim inloop-spens.

Die eetkamer of stoep met 'n ingeboude braai en skuifdeure maak oop na 'n goed ontwerpte tuin en wingerdbedekte boma-braai vir gesins- en vriendekuiers.

3 slaapkamers met 2 badkamers en ‘n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is en-suite met 'n aantrekkamer. Addisionele studeerkamer of naaldwerkkamer.

Daar is 3 motorhuise met plafonne en aparte toesluitstoorkamer. ‘n Hoë-ingang dubbeldeur om 'n woonwa te akkommodeer, plus 'n geplaveide ry-ingang.

Energie-doeltreffende kenmerke sluit in 'n 10 kW Solarstelsel, asook ‘n 'n 20-amp-voorafbetaalde Tshwanekrag rugsteun. Die sekuriteit is goed met afstandbeheerde ingangshekke, alarmsisteem, beams en volledige elektriese omheining.

Die tuin is professioneel uitgelê en skep ‘n huislike, groen atmosfeer. Groot inheemse bome soos Wildesering, Blomolien, Karee en Witstinkhout, sowel as sewe olyfbome en verskeie vrugtebome in produksie. Geniet 'n oorvloedige voëllewe met meer as 80 aangetekende spesies in die tuin en omliggende areas.

Gryp hierdie geleentheid aan vir 'n vreedsame, luukse plattelandse leefstyl net 10 minute buite die Stad.

Property Features
Property Type
House
Share this Property
Make an enquiry
Interested in this property? Please fill in your details below, and we will contact you as soon as possible.
By clicking on "submit" you agree to our privacy policy.
You may also be interested in these properties
R 6,150,000
4
3
2
650m²
1,141m²
House for sale in Waterkloof Ridge
Italian Splendour In Waterkloof Ridge, Surperb Investment !
Family home with 4 bedrooms, lush garden, office space, and open living areas for comfortable living.
R 3,990,000
Just Listed
Video Tour
4
4
2
550m²
1.096m²
House for sale in Equestria
**1.096 Ha Hilltop Retreat With Guesthouse Or Spa Potential In Prime Location**
1.096 hectares of land with guesthouse or spa potential, featuring a main house, cottage, and income-generating Vodacom tower.
R 4,250,000
4
2.5
2
285m²
829m²
House for sale in Hazeldean
Brand New Modern 4 Bedroom House In Silverwoods Country Estates
4-bedroom house with open-plan living, expansive garden, double garage, and servant quarters in a desirable estate.